Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Daniel Hugo

@ Sunday Times Books LIVE

Daniel Hugo Latest

Takelwerk

TakelwerkMet die titel, Takelwerk, beweeg Daniel Hugo nie net terug na die bekende beeldveld van die see en skeepvaart nie, maar verwys ook na DJ Opperman se vers “Digter” waar die digter se arbeid uiteindelik lei na “klein stellasies vers // wat groei tot boeg en mas / en takelwerk”.

Die bundel sluit verse in oor die digkuns en digterlike aktiwiteite. Die leser ervaar die wêreld van die digter deur sy oë en ore, sy sintuie, maar ook deur sy taal. Die spel-element is ook opvallend in baie verse, iets wat Hugo virtuoos met humor saamdig. Hiermee saam is ook die vernufsverse wat al sinoniem met Hugo se digterskap geword het. Talle verse staan uit vanweë die fyn ontginning van klank, woordspel & die ontplooiing van metafoor.

Die verse spreek van ’n belewenis van die wêreld vasgevang tussen carpe diem & memento mori, verse oor landskappe en die heimwee van landskappe, oor natuurdinge en die mens (én die digter) se plek in die groter bestel. Dikwels word die landskappe ook bínneskappe, word hulle ingeskape.

ISBN-13: 9780798169257
Koop nou